
=====================================================================
Oupa se woorde is kompas in nood (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Oupa se woorde is kompas in nood

---------------------------------------------------------------------

Oupa sterf . Ek is baie baie hartseer en alleen. Wat gaan ek nou sonder Oupa doen? Hy was alles vir my.

Ek swerf 'n jaar of wat daarna en baie, baie trane val, maar ek besef tog dit is nou die werklikheid. Ek moet begin werk en die le lewe so 
aanvaar. Intussen het my enigste broer ook probeer om maar dinge op sy eie te doen.

Ek begin nou vir die eerste keer in my lewe regtig met die lewe en die mense daarin kennis te maak. Ek besef dit is glad nie lekker nie. 
Daar is stampe en stote wat baie keer pynlik was. Mense wil weet waar my ouers is. Ek weet nie. Ek kan net vertel waar Oupa is. Party lag 
dan so half en giggel, sodat ek soms naby trane is, want met my is daar regtig niks verkeerd nie. Ek sien myself as my Oupa se kind. Van my 
ouers wl ek niks weet of hoor nie. Ek was tevrede by Oupa en ook doodgelukkig. Daarom kan ek nie verstaan waarom dit so snaaks is vir 
ander om te verstaan nie.

Later kry ek 'n geleentheid om Kaap toe te kom. Iemand sit my op 'n bus en stuur my Kaap toe. Ek is half hartseer en tog bly, want dit is 
beter so. Ek het blyplek en kos om te eet en 'n salaris van 'n honderd en vyftig rand. Gou vind ek uit ek kan nogal goed werk. Ek sou graag 
iets beters wou doen, maar met die geleerdheid wat ek het, sal ek nooit kan nie. Dit val my sommer gou by dat Oupa verskeie kere ges het 
dat ek geleerdheid gaan nodig kry en dat spyt altyd te laat is.

My trane wil dan sommer weer val, maar gou keer ek dit weer. Hoekom het ek dan nie regtig geluister nie? Ek het, maar miskien nie goed 
genoeg nie. Ek troos my maar met die woorde dat ek sal probeer om my werk altyd goed te doen. Oupa het mos geglo as jy dit nie ordentlik 
wil doen nie, moet jy dit liewer los. As ek my werk goed doen en my baas is gelukkig, sal dit ook seker altyd goed gaan met my.

Ek en Boetie skryf graag aan mekaar en ek kan by tye glad nie vir sy briewe wag nie. Dit maak my baie gelukkig. Ek is in 1993 iewers in die 
Kaap, en ek kry 'n tyding Boetie is ook weg. Nou is ek redelik alleen. Ek besluit om nooit weer terug te gaan na Ladismith nie. Ek moet 
deurdruk en die beste maak van 'n hartseer lewe. Ek weet regtig nie waar dit sal eindig nie. Oupa se woorde bly my elke dag van my lewe by. 
Ek verlang na hom.

Ek sou verkies het om op die plaas te gaan bly as ek kon. So half in die stilte met die son wat steek en die sonbesies wat skree van al die 
warmte. Later sak die son en jy sien die skaduwees oral op die plaas. Die vols vlieg na hul rusplek. Jy raak wakker met die gekraai van 
die hoenders op die werf en hoor die vols se gekwetter. Wanneer jy uitgaan, sit daar 'n hele ry vols op die kragdraad wat reg verby die 
huis gespan is. Nou weet jy dit is oggend en ook sommer 'n baie mooi oggend.

Baie nagte l ek wakker en ek dink al die dinge waarvoor ek elke dag gelewe het, is meteens verby. Ek staan party nagte op, loer deur die 
kamervenster. Die paaie is stil. Jy gewaar geen lig langsaan of oorkant nie. Nee, dis hier in die Kaap nie dieselfde as op die plaas nie. 
Ek het hier nog nie die mrester gesien nie. Ek wonder waar Oupa nou is. Om hom net hier te kon h  hier reg by my om al die dinge te sien 
wat ek sien. Ek wonder of Oupa daarvan sou gehou het. Hy het hom aan baie dinge nie gesteur nie.
---------------------------------------------------------------------

Baie loop met my verkeerd. Ek probeer dit regmaak soos wat Oupa my geleer het, maar alles kan ek nie altyd so goed doen nie. Teleurstelling 
op teleurstelling laat my sommer in trane uitbars. Ek onthou Oupa het altyd ges, om te oorleef moet jy kan uithou. Ek doen my bes, maar 
dit is regtig bitter hier.

Later begin ek van persoon verander en ek kom dit agter. Ek weet dit is nie wat Oupa wou h nie. Ek voel ek het Oupa in die steek gelaat. 
Tog voel dit steeds of Oupa hier naby is, maar ek bly alleen en kan dit nie hanteer nie. Ek probeer om glad nie op te hou hoop nie. Ek weet 
ek moet aangaan, alles sal weer regkom. Dit is alles deel van Oupa se woorde, die man met die baie geloof en waardering. So sal ek hom 
altyd onthou.

Soos die tyd verbygaan, sien ek ander dinge, maar vergeet nooit wat Oupa my geleer het nie. Di dinge bly in my hart en elke dag probeer ek 
'n nuwe begin maak. Ek sing graag wanneer dit goed gegaan het.

Nou het ek al vrede gemaak met die lewe en die teleustellings daarin. Ek weet nou ek het baie oorleef en dat ek uiteindelik bereid is om 
aan te gaan, al is dit sonder Oupa. Ek weet ook al hierdie swaar wat ek deurgemaak en wat ek uiteindelik oorleef het, het van my 'n baie 
sterker mens gemaak. Daarvoor is ek so baie dankbaar, en vir die lewe wat ek by Oupa gehad het.

Die lewe word nou weer vir my vol helder lig. Ek het besluit om al my moed bymekaar te skraap om iets te doen wat my regtig goed en trots 
sal laat voel: om te skryf. Reval Maarman het haar drieledige relaas oor haar lewe tot nou, waarvan hierdie uittreksel die middelste 
gedeelte is, aan die skrywer Elsa Joubert voorgel, wat dit aan Afrikaans Vandag gegee het. Maarman is nou lid van die Afrikaanse 
Skrywersvereniging.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7423.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

